Namibië kan duisende werke ontsluit deur strategies uit te brei, sê VN

Loading player...
Namibië kan meer as 900 miljoen Amerikaanse dollar, meer as N$14 miljard, in nuwe ekonomiese aktiwiteit ontsluit en ongeveer 26 000 werksgeleenthede skep deur strategies uit te brei na die uitvoer van rou minerale, volgens 'n nuwe verslag deur die VN se Handels- en Ontwikkelingsorganisasie. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se inligtingspesialis, Ivana Padierna, gesels wat sê Namibië het konkrete geleenthede om oor te skakel na hoërwaarde-aktiwiteite wat verband hou met verwerking, vervaardiging en verwante nywerhede.
14 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NWR moet sokkies optrek, berispe kenner

Die kabinet het in Mei vir Margareth Gustavo vir twee jaar as die interim besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts aangestel, en het terselftertyd 'n strategiese plan saam met NWR se bestuur geloods. Die plan het ten doel om die operasionele doeleindes van die semi-staatsinstelling te verbeter. NWR het al…
5 Jul 5AM 1 min

'Onwettige busoperateurs vuur migrasiekrisis aan'

Midde betogings teen migrante wat elke Donderdag sal plaasvind, eis die African Unite Borders Bus Trucks Association aanspreeklikheid van die owerhede oor onwettige operateurs wat ongedokumenteerde migrasie binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap fasiliteer. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, beskuldig die hoof van wetstoepassing van die Oorgrens Padvervoeragentskap, Simon Ditshego,…
5 Jul 3AM 1 min

Staatsamptenare boos oor nuwe voertuigbelasting

Die Vereniging van Staatsamptenare het berigte sterk veroordeel, oor 'n voorgestelde nuwe voertuigbelasting wat daarop gemik is om die finansiële uitdagings by die Padongelukkefonds aan te spreek. Die woordvoerder van die vakbond, Claude Naicker, sê die finansiële uitdagings waarmee die fonds te kampe het, is grootliks die gevolg van jare…
5 Jul 2AM 1 min

IPC lig wenkbroue oor NNN se staatsbesoek aan China

Die opposisie het sterk kritiek teenoor president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek, wat op uitnodiging van president Xi Jinping Saterdag na China vertrek het vir ‘n staatsbesoek van ‘n week. Volgens die IPC dui dit aan waar die administrasie se prioriteite lê. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC se skadu-minister van…
5 Jul 1AM 1 min

Nuwe kernwetgewing onder die loep

Namibië bevorder tans 'n omvattende nuwe kernwetgewing om die verouderde Wet op Atoomenergie en Stralingsbeskerming van 2005 te vervang. Openbare konsultasies vind in al 14 streke plaas om terugvoer van belanghebbendes in te win voordat die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
5 Jul 12AM 1 min