Gesondheid ondersoek dood van 21-jarige man op Otji

Loading player...
Die Otjiwarongo gemeenskap staan saam met 'n moeder wat haar 21-jarige seun verloor het weens beweerde mediese nalatigheid by die Otjiwarongo-staatshospitaal. Daar word beweer dat wyle Elijah Areseb op 31 Januarie met griepsimptome en asemhalingprobleme by die hospitaal aangemeld het, maar na bewering later ontslaan is ten spyte van lae suurstofvlakke in sy bloed. Die familie beweer dat Areseb op 5 Februarie teruggekeer het nadat hy weer asemhalingprobleme ondervind het, en dat hy na bewering beswyk het omdat hy nie dringend gehelp is nie. Die gesondheidministerie sê in 'n verklaring hulle ondersoek die saak. Walters Kamaya, die ministerie se woordvoerder.
18 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Klagte teen oud-FBI baas uiteengesit

Die voormalige direkteur van die FBI, James Comey, word aangekla oor 'n sosiale media-plasing wat vertolk word as 'n dreigement teen die Amerikaanse president, Donald Trump. Die Instagram-plasing van Mei 2025 toon seeskulpe op 'n strand in Noord-Carolina wat die syfers "86-47" vorm. Ses-en-tagtig is informele taal vir "uithaal" of…
29 Apr 8AM 1 min

GOOD loof Gwarube se optrede oor R1,6-miljard handboektender

Die GOOD-party sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet geloof word omdat sy vinnig opgetree en die Nasionale Tesourie gevra het vir 'n ondersoek na vermeende onreëlmatighede met 'n tender van 1,6-miljard Suid-Afrikaanse rand vir die verkryging van handboeke. News24 het berig Lighthouse Publishers het 'n kwart van…
29 Apr 8AM 1 min

Meatco woeker, Aochamub sê produsente bly kern

Meatco bly in die nuus met verskeie bedrywighede onder sy nuwe interim uitvoerende hoof Albertus Aochamub. Met amper die helfte van sy Noorweegse kwota wat reeds bereik is, word samesprekings met Egipte gehou oor moontlike samewerking en uitvoere. Kosmos 94. Nuus het met Aochamub gesels en hy het weer klem…
29 Apr 6AM 1 min

Cosatu sê werkers sal teen middel Junie nie meer kan oorleef nie

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering se verlenging van die verligting van die verhoging van die brandstofprysheffing vir Mei en Junie is 'n positiewe stap. Matthew Parks van Cosatu sê meer verligting kan nodig wees indien die konflik in die Midde-Ooste voortduur. Hy sê hulle is bekommerd dat werkers, die…
29 Apr 6AM 1 min