Nekundi sê Nashinge weier tweedehandse motor

Loading player...
Die leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering, die IPC se Imms Nashinge, het na bewering geweier om twee voertuie, 'n Prado en 'n Fortuner, as sy vervoervoordeel van die vervoerministerie te aanvaar. Vervoerminister Veikko Nekundi het Woensdag in die parlement gesê dat die motors tweedehands was en dat bestuurders ook van tweedehandse motors voorsien is, weens die onbeskikbaarheid van nuwe motors by die nuwe administrasie se intrede. Nekundi het 'n vraag deur PDM-leier McHenry Venaani beantwoord.
18 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die…
29 Apr 5AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min

Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers, soos deur ekonome voorspel, onveranderd op 6,5 persent gelaat het. Ekonoom Kara van den Heever van Momentum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Apr 5AM 1 min