Trans-Kalahari-korridor sekretariaat het kommer oor BKS, vergader

Loading player...
Die Trans-Kalahari-korridor sekretariaat het met die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad in Windhoek vergader, waar besprekings gefokus het op die bedreiging van bek-en-klouseer en die impak daarvan op handel langs die korridor. Beide instansies het beklemtoon dat die siekte ernstige ekonomiese risiko's inhou en dat voorkoming beter is as beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretariaat se uitvoerende direkteur, Leslie Mpofu gepraat:
18 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die…
29 Apr 5AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min

Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers, soos deur ekonome voorspel, onveranderd op 6,5 persent gelaat het. Ekonoom Kara van den Heever van Momentum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Apr 5AM 1 min