Naretu plaas sy visier op Namib Poultry

Loading player...
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer en Vervaardigingsvakbond, Naretu, is deur die regsverteenwoordigers van Namib Poultry Industries aangesê om sy uitsprake oor die maatskappy te staak. Hulle sê dat Naretu valslik beweer dat die maatskappy rassistiese indiensnemingspraktyke gebruik, wit werknemers bevoordeel en op wit oppergesag gebou is. Dit is na bewering op sosiale media versprei en op NBC uitgesaai. Bowmans eis 'n terugtrekking en openbare verskoning binne sewe werksdae, en waarsku dat versuim om te voldoen, kan lei tot regstappe en 'n skadevergoedingseis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se sekretaris-generaal Peterson Kambinda gepraat.
19 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die…
29 Apr 5AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min

Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers, soos deur ekonome voorspel, onveranderd op 6,5 persent gelaat het. Ekonoom Kara van den Heever van Momentum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Apr 5AM 1 min