Enoch sal nie belasting in begroting opstoot nie - ekonoom

Loading player...
Die ekonoom van die Stellenbosch Sakeskool, André Roux, sê daar word verwag dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vanjaar se begroting bestendig sal hou, met geen groot belastingveranderinge voor die plaaslike verkiesing nie. BTW en persoonlike inkomstebelastingkoerse sal na verwagting onveranderd bly, hoewel sondebelasting kan styg en die verskuiwing van belastingkerwe die belastinglas indirek kan verhoog. Roux sê maatskaplike hulptoelaes sal waarskynlik voortduur, maar besteding aan infrastruktuur en universele inkomsteplanne sal beperk bly:
19 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die…
29 Apr 5AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min

Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers, soos deur ekonome voorspel, onveranderd op 6,5 persent gelaat het. Ekonoom Kara van den Heever van Momentum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Apr 5AM 1 min