
Moorde in SA daal met byna 9%
Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die misdaadstatistiek vir die maande tussen Oktober en Desember toon 'n voortgesette afname in geweldsmisdaad landwyd. Hy sê moorde het met 8,7-persent verminder. Oor die algemeen het geweldsmisdaad met 6,7-persent gedaal, in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024. Cachalia het aan die media gesê die regering beplan om sterker op te tree teen georganiseerde misdaad, onwettige vuurwapens, geslagsgeweld en sal gemeenskapspolisiëring uitbrei:

