
Veediefstal-verliese in Erongo bereik N$2,6 miljoen in 2025
Loading player...
NamPol in die Erongo-streek is bekommerd oor toenemende veediefstalle, met verliese wat in dié streek van sowat 1,3 miljoen Namibiese dollar in 2024 gestyg het na ongeveer 2,6 miljoen dollar verlede jaar. Die Erongo-streekbevelvoerder, kommissaris Nikolaus Kupembona, het tydens 'n boere-betrokkenheidsvergadering in Omaruru onthul dat 137 sake in 2024 geregistreer is, wat gestyg het na 167 sake in 2025. Kupembona is aan die woord.

