Man, 21, doodgeskiet na hy met haelgeweer, petrolkan Mar-a-Lago binnegaan

Loading player...
Die Amerikaanse geheime diens sê hy het die 21-jarige Austin Tucker Martin doodgeskiet na hy probeer het om president Donald Trump se Mar-a-Lago-woning in Palm Beach, Florida, binne te gaan. Trump was in Washington, DC. Spesiale agente en 'n adjunk van die Palm Beach sheriff se kantoor het die man gekonfronteer, wat deur die heining gedring het om half-twee Sondagoggend. Sheriff Ric Bradshaw het aan media gesê dat hulle 'n wit man aangetref het wat 'n haelgeweer en 'n petrolkan gedra het. Hy het meer.
22 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Terwyl die Amerikaanse weermag se opbou in die Midde-Ooste voortduur, sal onderhandelings Donderdag tussen die land en Iran voortduur. President Donald Trump het verlede week gesê hy sal oor tien of 15 dae ‘n besluit oor ‘n aanval maak. Intussen het Iran se buitelandse sake-minister Abbas Araghchi met CBS News…
23 Feb 12AM 1 min

Ekonoom verwelkom hofbesluit oor Trump-tariewe

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, het 'n beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwelkom dat president Donald Trump se wederkerige tariewe onwettig is. Hy sê dit is goeie nuus vir baie lande, insluitend Suid-Afrika, wat die afgelope tyd met 'n aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid moes worstel. Trump het 'n dag…
23 Feb 12AM 1 min

MTC ondersteun pogings teen enkelgebruik-plastiek

MTC het in vennootskap met Stad Windhoek sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur 450 000 Namibiese dollar skenk aan die Go Green, Skip the Plastic-inisiatief. Die fondse sal aangewend word om 4 000 herbruikbare inkopiesakke aan te skaf, en vir die bekendstelling van 'n bewusmakingsveldtog. Die veldtog poog om die…
23 Feb 12AM 1 min

Goud en olie klim te midde van tariewe, spanning in Midde-Ooste

Die goudprys het Vrydag in New York tot 5 106 Amerikaanse dollar per fynons geklim na president Donald Trump se aankondiging dat hy sy tariewe wat deur die hooggeregshof omvergewerp is, met 10-persent tariewe teen alle lande gaan vervang. Saterdag het hy aangekondig hy gaan dit na 15-persent verhoog. Die…
22 Feb 11PM 1 min