
Nie goeie idee om mense na staatshospitale te dwing: ontleder
Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte deur die Tender Bulletin dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie moontlik die staat se mediese fonds, Psemas, sal oorneem en bestuur. Methealth bestuur die fonds sedert 2003. Die aankondiging kom te midde van ‘n herrie wat losgebars het met staatsamptenare wat vanaf 1 April staatsgesondheidsdienste moet gebruik en eise deur die staat sit. Die fonds se eise is ongeveer 3,9 miljard Namibiese dollar per jaar werd. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gekry.

