
Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'
Loading player...
Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat oor wat Namibië te doen staan.

