Kaoko Fria Smart City soek werkers

Loading player...
'n Werkverskaffingsveldtog gekoppel aan die Kaoko Fria Smart City en diepseehaweprojek word reg oor die land van stapel gestuur, met ‘n siftingsproses wat nou in Windhoek aan die gang is. Kaoko Fria Investment-woordvoerder Immanuel Nghifikwa sê die siftingsproses waarborg nie 'n werk nie, maar is oop vir alle Namibiërs van 18 jaar en ouer, geskoold of ongeskoold, gekwalifiseerd of nie. Die projek beoog om meer as 105 000 werksgeleenthede te skep. Registrasies is reeds in Zambezi voltooi en sal in al 14 streke gedoen word.
24 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min