Starmer se toekoms... enigiets kan gebeur

Loading player...
Die herrie rondom die arrestasie van Lord Peter Mandelson, ‘n veteraan van die Arbeidersparty, het dinge uiters warm gemaak vir premier Keir Starmer. Starmer het voorheen gesê dat hy Mandelson geglo het toe hy gesê het hy het nie noue bande met Jeffrey Epstein nie en hom toe as ambassadeur in die VSA aangestel het. Die direkteur vir kommunikasie by 10 Downingstraat, James Lyon, sê niemand weet wat gaan gebeur nie omdat talle dokumente rakende die kwessie vroeg in Maart vrygestel sal word.
24 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min