Gauteng het R9 miljard van sy R20 miljard e-tolskuld betaal

Loading player...
Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsie het meer as 9 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy e-tolskuld van 20 miljard rand afbetaal. Die e-tolstelsel is in 2024 amptelik geskrap. Die provinsiale regering het onderneem om 30-persent van die e-tolskuld te betaal, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap 70-persent van die regering se skuld sou vereffen. Lesufi het tydens sy provinsiale rede gesê die besluit om die skuld oor te neem skep geleenthede om nuwe paaie te bou:
24 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min