Itula takel NNN oor familie se olie- en gasbelange

Loading player...
IPC-leier Panduleni Itula het president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n nuuskonferensie by die party se hoofkwartier daarvan beskuldig dat haar familie nou bande met die land se olie- en gassektor het. Hy het verwys na haar seun, Nande Ndaitwah, die uitvoerende hoof van Tradeport Namibia, wat brandstof invoer en diesel versprei by die Lüderitz hawe. Hy het ook die Eerste Heer se beskermheerrol in die Namibië Jeugenergieforum bevraagteken. Itula beweer die president se ontkenning van familiebelange weerspreek maatskappyrekords.
24 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min