VN se Algemene Vergadering aanvaar resolusie vir vrede in Oekraïne

Loading player...
Die VN se Algemene Vergadering het Dinsdag, op die vierde herdenking van die Russiese inval in Oekraïne, 'n konsep-resolusie aangeneem wat op 'n omvattende, regverdige en blywende vrede in Oekraïne aandring. Die resolusie het met 107 stemme vir en 12 daarteen geslaag, terwyl 51 lidlande, waaronder Amerika, buite stemming gebly het. Die resolusie is deur Oekraïne aangebied met mede-borgskap deur 46 lande. Dit het ernstige kommer uitgespreek oor voortgesette aanvalle deur Rusland op burgers, burgerlike voorwerpe en kritieke energie-infrastruktuur, wat die humanitêre situasie vererger. Die Kiëf Universiteit vir Ekonomie het vroeër die maand 'n donasie-veldtog begin om vriesende studente te help. Die universiteit se president, Tymofiy Mylovanov, het meer oor die omstandighede.
24 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min