
Giwusa vra vir inkomste vir regering in begroting
Loading player...
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, berei voor om vandag sy begrotingsrede te lewer, terwyl Giwusa alle pogings verwerp om fiskale besuinigingsmaatreëls in te stel. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, sê agtereenvolgende regerings het die fiskus stelselmatig van inkomste ontneem. Korporatiewe belasting het tydens apartheid op meer as 50-persent gestaan. Sebei sê dit is tans 27-persent:

