
Demokrate weerlê Trump se eise oor ekonomie
Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika is terug: groter, beter, ryker en sterker as ooit tevore. Trump het in sy staatsrede aan 'n gesamentlike sitting van die Kongres sy ekonomiese agenda geprys en gesê hy het toegesien dat die grootste ommekeer ooit plaasvind. Trump het sy administrasie met dié van die vorige president, Joe Biden, vergelyk en gesê hy het Amerika op 'n stewiger finansiële grondslag geplaas. Hy sê sy administrasie het 'n transformasie bewerkstellig soos nog nooit voorheen nie:

