
NamPost belyn steeds toelaag-betalings
Loading player...
NamPost het in Oktober verlede jaar begin om maatskaplike toelaes uit te betaal nadat dit as die enigste diensverskaffer vir die program aangestel is. NamPost het by die regeringsinligtingsentrum 'n opdatering gegee van die proses. Benjamin Jakobs, NamPost se uitvoerende bestuurder vir die kleinhandelkanaal sê dat die maatskappy sover gegaan het om mobiele eenhede beskikbaar te stel vir begunstigdes.

