
SA-regering sê korrupsie word aangespreek
Loading player...
Die regering sê 'n deurbraakondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na korrupsie by die Departement van Binnelandse Sake toon dat president Cyril Ramaphosa se anti-korrupsieprioriteite aktief geïmplementeer word. Die ondersoek het bedrog in die uitreiking van amptelike dokumente aan onwettige immigrante, wat openbare vertroue en nasionale veiligheid ondermyn, aan die lig gebring. Die adjunkregeringswoordvoerder, William Baloyi, sê die vernietiging van korrupsie is kernbelangrik vir die verbetering van dienslewering en die versterking van staatsinstellings:

