SA-begroting: Belastingbeleid kan verander

Loading player...
Die waarnemende adjunk- uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingkundiges, Keitumetse Sesana, spoor Suid-Afrikaners aan om voor te berei vir nuwe belastingbeleidsmaatreëls voor die begrotingsrede deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Sesana het aan Newzroom Afrika gesê verbeterde invorderings deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en uitgebreide handhawing kan die belastinggaping verklein. Sy het ook beklemtoon dat aansporings en ondersteuning deur Nasionale Tesourie die druk kan verlig op belastingbetalers wat voldoen.
25 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min