
Khomas plaas alle leerlinge in die streek
Loading player...
Teen laat Januarie was daar steeds leerlinge sonder plek in skole. Terwyl Kosmos 94.1 Nuus steeds op onderwys se uitvoerende direkteur wag vir ‘n opdatering oor plasings regoor die land en die moontlike implementering van ‘n pelotonstelsel, sê Paulus Nghikembua, die Khomas-streeksdirekteur, dat al die leerlinge in sy streek geplaas is.

