
Kubermisdaad-wetsontwerp 'teenstrydig met Grondwet'
Loading player...
Die Kubermisdaad-wetsontwerp is onder bespreking en bevindinge toon dat dit teenstrydig is met die Grondwet sowel as internasionale wetgewing rakende vryheid van spraak. Volgens kenners, moet die konsepwetsontwerp verdere hervormings ondergaan. Die prosedurele en substantiewe bevoegdhede in Namibië se kubermisdaadwetsontwerp moet onderhewig wees aan duidelike beskermings vir privaatheid, vryheid van spraak en ander menseregte. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat. Hy verduidelik die gevare.

