Verslag onthul diepte van informele nedersettings-probleme

Loading player...
Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo met 70 856 en Kavango-Oos met 70 318. Statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê hierdie data is daarop gemik om ruimtelike beplanning, gronddienste en behuisingsontwikkeling te verbeter. Hy het ook die gebrek aan dienste uitgewys.
25 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min