Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
Unam het amptelik sy akademiese jaar vir 2026 geopen, met 'n totale inskrywing van 29 000 studente, waarvan 11 000 eerstejaarstudente is. Die universiteit se visekanselier, professor Kenneth Matengu, het gesê die akademiese jaar van 2026 word gekenmerk deur verbeterde studentebetrokkenheid, die integrasie van nuwe tegnologieë en voortdurende infrastruktuuropgraderings. Matengu…
Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo…
Die Kubermisdaad-wetsontwerp is onder bespreking en bevindinge toon dat dit teenstrydig is met die Grondwet sowel as internasionale wetgewing rakende vryheid van spraak. Volgens kenners, moet die konsepwetsontwerp verdere hervormings ondergaan. Die prosedurele en substantiewe bevoegdhede in Namibië se kubermisdaadwetsontwerp moet onderhewig wees aan duidelike beskermings vir privaatheid, vryheid van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.