Ultimate belê miljoene in Kunene

Loading player...
Ultimate Safaris het in 2025 meer as 18 miljoen Namibiese dollar in gemeenskap - en bewaringsondersteuning in die Kunene-streek belê, met meer as 10 miljoen dollar wat in die Doro !Nawas-bewarea bestee is. Deur middel van sy Conservation Travel Foundation en vennootskappe met organisasies soos AfriCat en die Giraffe Conservation Foundation, ondersteun die maatskappy leeubeskerming, landelike skole, sonkrag, werkskepping en volhoubare toerisme. Besturende direkteur Tristan Cowley sê die doel is om 'n blywende nalatenskap te laat.
26 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min