
GRN se skuldvlakke teenoor groei wek groot kommer
Loading player...
Reaksie word ontvang op die nasionale begroting van 105,9 miljard Namibiese dollar vir die 2026/27 finansiële jaar. Dit sluit 'n operasionele begroting van 81,3 miljard dollar in, asook 6,5 miljard dollar vir staatsbefondsde ontwikkelingsprojekte. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, gepraat wat kommer uitgespreek het oor stygende openbare skuld.

