Goeie reën vroeg in Maart verwag

Loading player...
Namibië bly onder die uitgebreide invloed van La Niña, hoewel weerkundiges 'n oorgang na neutrale toestande teen die einde van die eerste kwartaal verwag. Terwyl die verskynsel tipies bogemiddelde neerslag aandui, sê die onafhanklike meteoroloog Johan van den Berg dat seisoenale reënvalpatrone oor die land begin normaliseer, met die onmiddellike 10-dae-vooruitsig vir sentraal-Namibië wat 'n tydperk van hoë hitte insluit, terwyl aanddonderstorms na verwagting vroeg in Maart sal terugkeer. Van den Berg het op met AMT gepraat.
27 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min