Mamdani verras Trump met fop-voorblad

Loading player...
Amerikaanse media gons oor die ontmoeting tussen die New York-burgemeester Zohran Mamdani en president Trump Donderdag. Dit was ietwat van 'n verrassing omdat dit nie op die openbare skedule was nie. Mamdani soek 21 miljard Amerikaanse dollar in federale fondse om 12 000 behuisingseenhede te bou en het Trump met ‘n fop-voorblad van die New York Daily News voorgelê. Dit het die opskrif "TRUMP TO CITY: LET'S BUILD” bevat. Berigte lui dit was ‘n positiewe vergadering, ‘n verrassing omdat die twee uiters haaks was tydens Mamdani se veldtog. Luister self...
27 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min