
Twee Suid-Afrikaners is in die Oekraïne dood
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mans wat gewerf is om in die Rusland-Oekraïne-oorlog te veg, dood is. Dit is nie bekend hoe hulle gesterf het nie. Lamola het beklemtoon dat die twee nie onder die 17 Suid-Afrikaners was wat na bewering deur die MK-party as huursoldate vir die Russiese weermag gewerf is nie. Hy sê die twee was deel van 'n ander werwingskema wat hulle na Moskou geneem het:

