Woord vir Vandag - 6 Maart 2026
Loading player...
“Julle weet mos: iemand wat al die gebooie onderhou behalwe één, is net so skuldig as iemand wat ál die gebooie oortree.” Jakobus 2:10 NLV
Vertrou alleenlik op Christus!
Paulus skryf: ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God’ (Efesiërs 2:8 NLV). Hoekom sê Paulus ons is slegs deur genade gered? Omdat jy gaan misluk as jy verlossing probeer verkry deur die wet te onderhou. ‘Julle weet mos: iemand wat al die gebooie onderhou behalwe één, is net so skuldig as iemand wat ál die gebooie oortree.’ Jy sê: ‘Dis ‘n onmoontlike standaard om aan te voldoen!’ Jy is reg! Die wet is soos ‘n X-strale-masjien; dit kan dit wat onder die oppervlak is openbaar en die probleem identifiseer, maar dit kan dit nie regmaak nie. Die wet is ook soos ‘n spieël. Dit kan vir jou wys of jy grimering nodig het, of moet skeer, of jou hare moet kam, maar dit kan dit nie vir jou doen nie. Met ander woorde, die wet kan vir jou wys wat jou probleem is, maar dit kan dit nie oplos nie. Wat die wet egter nie kon doen nie, het Christus aan die kruis gedoen (sien Romeine 8:3). Toe Jesus gesê het: ‘…Dit is nou afgehandel!...’ (Johannes 19:30 NLV), is al jou sondes – van die wieg af tot die graf – versoen. Wanneer jy jou vertroue in Hom plaas, word jy vir tyd en ewigheid gered. Sommige mense erken dat jy deur genade vrygespreek word deur jou vertroue in Christus te plaas. Hulle glo egter dat jy jou verlossing behou deur die werke van die wet te onderhou. Die probleem is dat jy selfs op jou beste dag nie aan al die eise van ‘n perfekte God kan voldoen nie. Soos een gesang lui: ‘Trusting as the moments fly, trusting as the days go by; trusting Him whate’er befall, trusting Jesus, that is all!’