Woord vir Vandag - 10 Maart 2026
Loading player...
“Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God.” Filippense 1:3 NLV
Wys jou waardering
Paulus gebruik een hele hoofstuk in die boek Romeine om die mense wat hom gehelp het op te noem en sy waardering teenoor hulle uit te spreek. Deur te wys dat jy mense waardeer bo en behalwe wat hulle vir jou kan doen of beteken, wys dat jy werklik vir hulle omgee. Opregte lof kan hulle soos verwelkte blomme wat pas reën gekry het, laat floreer. ‘n Mens kan baie welwillendheid opbou deur jou waardering oor die klein dingetjies uit te spreek. Indien jy vriendelikheid en inspanning as vanselfsprekend begin aanvaar, lees die volgende lys van take en verantwoordelikhede waarvoor jy waardering moet toon: Die huis skoonmaak. Maaltye voorberei. Die rekeninge betaal. Werk toe gaan. Geld op ‘n wyse manier spandeer. Kruideniersware koop. Die klere was en opvou. Die kinders bad. Die asblik leegmaak. Petrol in die motor gooi. Betyds wees. Die gras of plante natgooi. Verjaardaggeskenke vir familielede kies. Jou loopbaan ondersteun. Verantwoordelik wees. Luister. Die lys is eindeloos. Stel vir jouself ‘n doelwit om ten minste een keer per dag jou waardering teenoor ‘n sekere persoon uit te spreek. Moenie dink dat jy swak sal voorkom wanneer jy die klein dingetjies begin raaksien nie. Dit verg ‘n ware man of vrou om verder as sy of haar behoeftes te kyk en die inspanning van iemand anders te erken. Wanneer jy seker van jou eie identiteit is, kan jy mense bemagtig deur hulle ingelig te hou, hulle te vertrou, vir hulle om te gee en hulle te waardeer.