Woord vir Vandag - 11 Maart 2026

Loading player...
“As jy die Here God gehoorsaam, sal jy al die seëninge beleef” Deuteronomium 28:2 NLV
Tel jou seëninge
Jode sê elke dag ‘n minimum van eenhonderd seëngebede wat met die Hebreeuse formule: Baruch Atah Adonai begin, op. Praktiserende Jode seën God wanneer hulle iets vir die eerste keer sien of ervaar. Hulle seën God vir reuke en smake. As iets aangenaam is, seën hulle God. As jy iets volgens die Talmoed geniet sonder om ‘n seën te spreek, is dit asof jy dit gesteel het. ‘As jy die Here God gehoorsaam, sal jy al die seëninge beleef.’ Jy weet nooit hoe of wanneer God jou sal seën nie. Anders as sy goedheid en genade wat ons al die dae van ons lewens vergesel (sien Psalm 23:6), volg die seëninge van God jou soos ‘n hittesoekende missiel. Hulle is warm op jou spoor en eendag gaan hulle jou inhaal. God seën ons nie sodat ons ‘n hoër lewenstandaard kan volg nie; Hy seën ons sodat ons in staat is om meer te gee. Die grootste seën is die vermoë om ander mense te seën. Is jy geseënd? Dan moet jy die seën omkeer en ander mense seën. Waar het God jou guns bewys? Dis waar jy die guns moet terugbetaal. Daar is geen groter vreugde as om aan die geekant van ‘n geskenk te wees nie. Is dit nie wat Jesus gesê het nie? ‘…Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang’ (Handelinge 20:35 NLV). Daar is honderde seëninge in die Skrif, elk met jou naam op. As jy in Christus is, behoort hierdie seëninge aan jou. ‘want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ‘n volmondige ‘ja’…’ (2 Korintiërs 1:20 NLV). Tel dus jou seëninge.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 March 2026

“Every one of you shall revere his mother…I am the Lord your God.” Leviticus 19:3 NKJV Take good care of your mother When your parents grow old and become less capable of taking care of themselves, they need certain things from you, like love, kindness, patience, tenderness, sensitivity, and understanding…
27 Feb 1 min

Woord vir Vandag - 15 Maart 2026

“Elkeen van julle moet respek hê vir julle ma… Ek, die Here, is julle God.” Levitikus 19:3 NLV Sorg goed vir jou ma Wanneer jou ouers oud word en minder in staat is om na hulself om te sien, benodig hulle sekere dinge van jou, soos liefde, vriendelikheid, geduld, teerheid,…
27 Feb 1 min

Word for Today - 14 March 2026

“The Lord will fight for you; you need only to be still.” Exodus 14:14 NIV “Keep calm and carry on” During World War II, the British Department of Information designed three “home publicity” posters. The first said, “Your courage, your cheerfulness, your resolution will bring us victory.” The second said,…
27 Feb 1 min

Woord vir Vandag - 14 Maart 2026

“Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg.” Eksodus 14:14 NLV ‘Keep calm and carry on’ Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Britse Departement van Inligting drie plakkate ontwerp. Die eerste het gelees: ‘Your courage, your cheerfulness, your resolution will bring us victory.’ Die tweede het gelees: ‘Freedom…
27 Feb 2 min

Word for Today - 13 March 2026

“Bearing with one another, and forgiving one another.” Colossians 3:13 NKJV Have you been wronged? Forgive! When you study the lives of those who were greatly used by God in the Bible, you see that they were not spared from hurt, disappointment, or even betrayal. The truth is, if you…
27 Feb 1 min