
De Beers-hoof sê oor vergadering met NNN
Loading player...
Die uitvoerende hoof van die De Beers Groep, Al Cook, het Donderdag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah vergader te midde van kritieke onderhandelinge oor die toekoms van die groep se vennootskap met die land. Die huidige Namibië-De Beers verkoop- en mynooreenkoms verstryk in Mei vanjaar. Die vergadering het gefokus op die versterking van die vennootskap, diamantveredeling en potensiële aandele-eienaarskap, aangesien Angola, Botswana en Namibië belangstelling getoon het om aandele in De Beers te verkry na sy herstrukturering.

