Waarom het adjunkminister Japan toe gereis, kundiges bestaan in SA

Loading player...
AfriForum bevraagteken die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, se besoek aan Japan. Die besoek wat vandag ten einde loop, het op die bou van vermoë, vaardigheidsoordrag en volhoubare waterbestuuroplossings gefokus. Lambert de Klerk van AfriForum sê die Waternavorsingskommissie en ander plaaslike sentrums van kundigheid het magtiging en befondsing om op eie bodem navorsingsondersteuning, opleidingsprogramme en waterbestuuroplossings te bevorder:
27 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O’Sullivan 'kan boete of tronkstraf kry'

Die EFF sê die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan se beweerde minagting van die parlement omdat hy uit die ad hoc-komitee se verhore gestap het, beteken 'n moontlike boete, gevangenisstraf of albei. Adjunk-sekretaris-generaal, Leigh-Ann Mathys, het 'n saak ingedien in die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie. Sy bevestig 'n regsmening is voorgelê aan die speaker…
27 Feb 7AM 1 min

T20-Wêreldbeker: Engeland se Southee het gemengde gevoelens

Krieket: Engeland se boulraadgewer, Tim Southee, het gemengde gevoelens oor vandag se T20-Wêreldbeker-Super-agt-wedstryd teen sy geboorteland, Nieu-Seeland, en sê dit sal vreemd wees om in die ander kleedkamer te wees. Die 37-jarige voormalige bouler het van 2008 tot 2024 vir sy land gespeel. Southee sê dis 'n groot geleentheid om…
27 Feb 7AM 1 min

Rusland wen ook nie - Zelensky

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy word gevra oor of sy land die oorlog teen Rusland kan wen. Hy beklemtoon in ‘n onderhoud met SkyNews dat dit hang alles af wat met ‘wen’ bedoel word want op die oomblik wen Rusland ook nie.
27 Feb 5AM 1 min

Bewaringskrisis by Okavango-rivier

'n Bewaringsuksesverhaal langs die Okavango-rivier is vinnig besig om in 'n krisis te verander. In net twee jaar het 'n gedeelte van die rivier in Okavango-Oos gesien hoe die seekoeibevolking van 187 diere tot 22 ineenstort. Shamvura-kampeienaar Mark Paxton, wat die wildlewe in die gebied al dekades lank monitor, sê…
27 Feb 5AM 1 min

De Beers-hoof sê oor vergadering met NNN

Die uitvoerende hoof van die De Beers Groep, Al Cook, het Donderdag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah vergader te midde van kritieke onderhandelinge oor die toekoms van die groep se vennootskap met die land. Die huidige Namibië-De Beers verkoop- en mynooreenkoms verstryk in Mei vanjaar. Die vergadering het gefokus op die…
27 Feb 5AM 1 min