T20-Wêreldbeker: Engeland se Southee het gemengde gevoelens

Loading player...
Krieket: Engeland se boulraadgewer, Tim Southee, het gemengde gevoelens oor vandag se T20-Wêreldbeker-Super-agt-wedstryd teen sy geboorteland, Nieu-Seeland, en sê dit sal vreemd wees om in die ander kleedkamer te wees. Die 37-jarige voormalige bouler het van 2008 tot 2024 vir sy land gespeel. Southee sê dis 'n groot geleentheid om met Engeland te werk wat reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer het, terwyl die Swartpette moet wen om deur te gaan:
27 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min