O’Sullivan 'kan boete of tronkstraf kry'

Loading player...
Die EFF sê die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan se beweerde minagting van die parlement omdat hy uit die ad hoc-komitee se verhore gestap het, beteken 'n moontlike boete, gevangenisstraf of albei. Adjunk-sekretaris-generaal, Leigh-Ann Mathys, het 'n saak ingedien in die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie. Sy bevestig 'n regsmening is voorgelê aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, en sê die komitee sal Maandag vergader om oor die volgende stappe te besluit:
27 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1…
27 Feb 9AM 1 min

Meer besighede het voordelige eienaarskap openbaar

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sê dat van die meer as 137 000 besighede wat vir massa-deregistrasie geoormerk is omdat hulle nie aan die verpligte vereistes vir voordelige eienaarskap voldoen het nie, het ongeveer 45 persent nou voldoen. Die veldtog, wat tot dusver 1 000 entiteite gederegistreer het, vorm…
27 Feb 9AM 1 min

Vissersvereniging stel regering ultimatum oor werklose vissermanne

Die Okapare-vissersvereniging is ontevrede oor die implementering van die regering se werkloosheidsprogram en sê baie vissermanne is steeds sonder werk, ten spyte daarvan dat hulle aan vismaatskappye toegeken is. Regeringsverslae dui aan dat ongeveer 2 500 vissers by die skema baat gevind het, maar die vereniging sê uitbuiting en korttermynkontrakte…
27 Feb 8AM 1 min

Groen-party klop Arbeiders in terugslag vir Starmer

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, se Arbeidersparty het 'n terugslag gely toe Hannah Spencer van die Groen-party die tussenverkiesing in Gorton en Denton gewen het, met die Arbeiders derde na Reform UK. Starmer is voorheen gevra om te bedank oor Peter Mandelson se aanstelling as ambassadeur in Washington ondanks…
27 Feb 8AM 1 min

T20-Wêreldbeker: Engeland se Southee het gemengde gevoelens

Krieket: Engeland se boulraadgewer, Tim Southee, het gemengde gevoelens oor vandag se T20-Wêreldbeker-Super-agt-wedstryd teen sy geboorteland, Nieu-Seeland, en sê dit sal vreemd wees om in die ander kleedkamer te wees. Die 37-jarige voormalige bouler het van 2008 tot 2024 vir sy land gespeel. Southee sê dis 'n groot geleentheid om…
27 Feb 7AM 1 min