Nanso ruk op op Otji oor beweerde polisie-aanrandings

Loading player...
Leerders en die gemeenskap van Otjiwarongo het Vrydag saam met die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, opgeruk om ‘n petisie aan die polisie te oorhandig as protes teen die onlangse beweerde aanranding van 31 seuns van die Karundu Junior Sekondêre Skool. Nege polisiebeamptes het glo in klastyd by die skool opgedaag rakende selffoondiefstal, die seuns in polisievoertuie gelaai en hulle buite die dorp na bewering met stokke en gordels geslaan. 'n Ondersoek deur die Polisiegedrag- en Ondersoekdirektoraat is van stapel gestuur. Die voorsitter van Nanso in die Otjozondjupa-streek, Sam Murenga, het die petisie voorgelees:
28 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min