
Zanzibar-waterprojek 'misplaaste prioriteit', sê AfriForum
Loading player...
AfriForum sê die regering se goedkeuring van Rand Water se 800 miljoen rand belegging in 'n Zanzibar-waterprojek is 'n bewys van sy misplaaste prioriteite. Die organisasie waarsku terwyl miljoene in die buiteland bestee word, worstel inwoners van Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes steeds met ernstige watertekorte. Marais de Vaal van AfriForum noem die besluit polities-gedrewe en vra die regering om eers plaaslike waterkrisisse aan te pak:

