Die Gladiators is die Cosafa-vrouekampioene

Loading player...
Kry die nuus soos dit breek.
1 Mar 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump waarsku oor verdere Amerikaanse ongevalle

President Donald Trump sê daar sal waarskynlik nog Amerikaanse ongevalle wees as deel van Operasie Epic Fury in Iran. Drie Amerikaanse soldate is tydens die operasie dood en vyf ander is ernstig gewond. Iran se opperleier Ali Khamenei is Saterdag in gesamentlike aanvalle deur Amerika en Israel dood. Iran het…
2 Mar 12AM 1 min

SA se Jarvis vat SA Ope, bespreek plek in Meesters, Britse Ope

Die plaaslike gunsteling, Casey Jarvis, het die Suid-Afrikaanse Ope in Stellenbosch met drie houe gewen en agtereenvolgende Europese Toer-seges behaal nadat hy verlede Sondag ook die Keniaanse Ope gebuit het. Die 22-jarige Jarvis het drie onder 67 in die laaste ronde aangeteken. Die Spanjaard Francesco Laporta, Frederic Lacroix van Frankryk…
2 Mar 12AM 1 min

Reaksie op studie wat bevind meer welstand, meer geestesgesondheid uitdagings

Reaksie word ontvang oor die 2025 Globale Geestesgesondheidsverslag deur Sapien Labs wat bevind het dat jongmense in hoë-inkomstelande meer met hul geesteswelstand sukkel as die jeug in baie ontwikkelende streke. Faktore sluit in vroeër toegang tot slimfone, diëte wat baie ultra-verwerkte voedsel bevat, spiritualiteit en gesinsbande. Kosmos 94.1 Nuus het…
1 Mar 11PM 1 min

Olie styg, mark is uiters onstabiel en onseker

Ná die Amerikaanse en Israeliese militêre aanvalle op Iran die naweek, staal die wêreld se oliemarkte hulle vir 'n skerp prysstyging. Ontleders sê Brent-ru-olie kan vandeesweek met 9 persent tot 10 persent styg, wat pryse tot 80 Amerikaanse dollar per vat kan opstoot. Kenners waarsku dat onsekerheid hoog bly oor…
1 Mar 11PM 1 min

Starlink sê hy sal nie mark oorheers nie

Terwyl die Namibiese mededingingswaghond steeds oorweeg of Starlink-dienste in die land toegelaat moet word, dring voorstanders daarop aan dat die regering die regte besluit maak. Starlink sê opvattings dat hul teenwoordigheid in Namibië in ‘n monopolie sal ontaard en die verbruikersmark negatief sal beïnvloed, is ‘n mite. Volgens Starlink sal…
1 Mar 11PM 1 min