
Olie styg, mark is uiters onstabiel en onseker
Loading player...
Ná die Amerikaanse en Israeliese militêre aanvalle op Iran die naweek, staal die wêreld se oliemarkte hulle vir 'n skerp prysstyging. Ontleders sê Brent-ru-olie kan vandeesweek met 9 persent tot 10 persent styg, wat pryse tot 80 Amerikaanse dollar per vat kan opstoot. Kenners waarsku dat onsekerheid hoog bly oor hoe hoog ver en hoe vinnig oliepryse sal beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat sê die vooruitsigte word in dié stadium deur te veel markonsekerheid vertroebel.

