SA se Jarvis vat SA Ope, bespreek plek in Meesters, Britse Ope

Loading player...
Die plaaslike gunsteling, Casey Jarvis, het die Suid-Afrikaanse Ope in Stellenbosch met drie houe gewen en agtereenvolgende Europese Toer-seges behaal nadat hy verlede Sondag ook die Keniaanse Ope gebuit het. Die 22-jarige Jarvis het drie onder 67 in die laaste ronde aangeteken. Die Spanjaard Francesco Laporta, Frederic Lacroix van Frankryk en die Suid-Afrikaner, Hennie du Plessis, deel die tweede plek. Jarvis, wat nou sy plek in die Meesters en die Britse Ope bespreek het, sê dit sal spesiaal wees om in Augusta te speel:
2 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min

Rehoboth Baster-gemeenskap het baie om te vier

Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
28 Apr 10AM 1 min