
Onseker oor wat Iran se plan is na opperleier se dood
Loading player...
Wêreldwye reaksie stroom in ná berigte dat Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, in gesamentlike aanvalle deur Israel en die VSA dood is, met verskeie regerings wat selfbeheersing aanmoedig midde vrese vir wyer streekskonflik en ekonomiese gevolge. Terwyl die Namibiese presidensie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat geen amptelike verklaring nog uitgereik is nie, opper politieke ontleder Ndumba Kamwanya vrae oor opvolging en die risiko van wyer streekeskalasie.

