
Nog 1,5 miljoen dosisse BKS-entstof kom in SA aan
Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die landwye massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer het begin nadat die besending entstof in die land aangekom en viinnig versprei is. Die eerste groot besending van een-miljoen dosisse entstof van Biogenesis Bagó in Argentinië, het op 21 Februarie in Suid-Afrika aangekom. Steenhuisen sê nóg 1,5-miljoen dosisse van die Turkse vervaardiger Dollvet het gister aangekom, met nóg besendings wat binnekort uit Argentinië verwag word:

