Midde-Ooste: Kenner waarsku oor langdurige konflik

Loading player...
'n Senior navorser van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection, Na'eem Jeenah, sê die VSA kan nie vertrou word om sy beloftes na te kom nie, aangesien die Midde-Oosterse konflik toeneem. Jeenah waarsku in 'n onderhoud met Newzroom Afrika dat vergelding deur Iran na verwagting in die komende dae sal toeneem weens die voortdurende konflik tussen Amerika, Israel en Iran, wat moontlik 'n groot deel van Wes-Asië sal betrek. Hy beskryf die situasie as die begin van 'n langdurige konflik, kritiseer streeksveroordeling van Iran en beklemtoon dat Iran se voortbestaan in die gedrang is en nie die VSA nie:
2 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min

Rehoboth Baster-gemeenskap het baie om te vier

Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
28 Apr 10AM 1 min