Moses…geroep! Van die biesies na die brandende bos aangebied deur die ATKV-tak Gemeenskapsteater

Loading player...
Ebeth Wilson, Uitvoerende Vervaardiger en Verhoogbestuurder vir die produksie so wel as Jaco Bezuidenhout, Musiekregisseur vir ‘Moses…geroep!’ sluit by Yolanda Maartens aan die OFM Kunsteklop om oor die ATKV-tak Gemeenskapsteater inisiatief te gesels. ‘Moses..,geroep!’ volg die epiese Bybelse reis van Moses — van sy wonderbaarlike redding as baba wat tussen die biesies versteek is, tot sy grootwordjare as ’n prins in die paleis van Egipte, en uiteindelik sy lewensveranderende ontmoeting met God by die brandende bos. Hierdie uitvoering word aangebied deur die ATKV-tak Gemeenskapsteater in Bloemfontein en is 20 en 21 Maart op die verhoog en kaartjies is beskikbaar by Webtickets.
2 Mar English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min