
Midde-Ooste: Kan nie einde sien nie, konflik bou nog
Loading player...
Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur vir die Britse regering, Lord Peter Ricketts sê hy kan nog nie ‘n de-eskalasie in die oorlog in Iran sien nie omdat die konflik nog bou. Wat kommerwekkend is, is dat Iran presies doen wat verwag was maar, nie die VSA of Israel het ‘n antwoord daarvoor nie. Ricketts het met Sky News gepraat.

