
Nieu-Seeland kaptein vertrou hulle kan Proteas klop
Loading player...
Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Mitchell Santner, het volle vertroue in sy span se vermoë om Suid-Afrika vandag in Kolkata te klop in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette het in 2021 die eindstryd gehaal, maar teen Australië vasgeval, en in 2024 nie verder as die groepfase gevorder nie, waar die Proteas as naaswenners geëindig het. Santner sê hulle sal druk op Suid-Afrika toepas wanneer dit die meeste saak maak:

