Namibië se twee hoof-finansiële reguleerders, die Bank van Namibië en Namfisa, sal gesamentlik hul jongste finansiële stabiliteitsverslag op 30 April vrystel. Die verslag, met die tema “Finansiële veerkragtigheid in onsekere tye”, is in wese 'n gesondheidstoets van die land se finansiële stelsel, wat kyk na hoe goed dit risiko's plaaslik…
Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê sterker maatreëls vir kunsmatige intelligensie-bevestiging sal ingestel word om die geloofwaardigheid van beleidsraamwerke te beskerm. Hy het die konsepbeleid oor Kunsmatige Intelligensie onttrek nadat bevind is dit bevat vals akademiese bronne. Malatsi sê vertroue op onbevestigde KI-geskepte inhoud ondermyn integriteit…
Die eerste Simbine Classic wat vandag op die Pilditch-stadion in Pretoria begin, is die land se eerste Wêreldatletiek-vastelandse silwerbyeenkoms. Die Suid-Afrikaanse naelloper, Akani Simbine, sê dit gee plaaslike atlete kans om ranglyspunte te verdien en tuis met die res van die wêreld mee te ding. Hy het teenoor SABC News…
Die verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, Cole Tomas Allen, het drie federale aanklagte teen hom. Die 31-jarige Allen het gister in Washington in die hof verskyn. Aanklaers sê hy het ʼn semi-outomatiese wapen, ʼn pompaksie-haelgeweer en drie messe by hom gehad en het alleen opgetree. Die waarnemende prokureur-generaal,…
Die vyfde RMB Backyard Ultra sal op 18 Julie weer op Uis plaasvind. Die gewilde ultra-marathon waar atlete 6 706 meter elke uur moet voltooi en die laaste man en vrou wat staan, wen. Inskrywings het reeds gesluit maar daar is nog plek in die “fun run”-kategorie. Riana Scholtz van Namibia Ultra Trails wat die Backyard Ultra reël het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.