
Teenkorrupsie maatreëls nodig na Madlanga-kommissie
Loading player...
Adjunkpresident Paul Mashatile sê hoewel die regering verskeie maatreëls ingestel het om korrupsie op te spoor en te voorkom, sal verdere maatreëls nodig wees na aanleiding van die finale bevindinge van die Madlanga-kommissie. Hy het gister mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord. Mashatile sê die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitsgroep bly sentraal om 'n gekoördineerde, regeringsomvattende reaksie op misdaad, geweld en korrupsie binne die strafregstelsel te verseker:

